Wes-Indiese nasionale krieketspanYyd
Wes-Indië | |
---|---|
![]() Vlag van die Wes-Indiese Krieketraad en -span sedert 1999
| |
Toetskrieketland sedert | 1928 |
Eerste Toets | teen Engeland te Lord's, 23–26 Junie 1928 |
Kaptein in Toetse | Jason Holder |
Kaptein in EDIs | Jason Holder |
Kaptein in Twintig20 | Jason Holder |
Afrigter | Floyd Reifer |
Plek op IKR Toets-, EDI- en T20I-ranglys | 8ste (Toetse) 9de (EDIs) 9de (T20Is) |
Totale toetse - Afgelope jaar |
542 3 |
Laaste Toets | teen Engeland, 9–12 Februarie 2019 |
Wen/verloor – Afgelope jaar |
173/193 2/1 |
Soos op | 16 Julie 2019 |
Die Wes-Indië nasionale krieketspan, met die bynaam die Men in Maroon, is die nasionale krieketspan van Wes-Indië. Die span staan ook bekend as die Wes-Indiese Eilande of, in die omgangstaal, die Windies, en is 'n multi-nasionale krieketspan in 'n sportkonfederasie wat 15 hoofsaaklik Engelssprekende Karibiese lande, Britse afhanklikhede en nie-Britse afhanklikhede verteenwoordig. Die Wes-Indiese krieketspan is tans agste op die IKR-ranglys in toetse, negende in eendagwedstryde en negende in T20Is soos deur die IKR bepaal.[1][2][3]

Van die middel-1970's tot die vroeë 1990's was die Wes-Indiese span een van die sterkstes in die wêreld in toets- en internasionale eendagkrieket. 'n Hele aantal spelers, beskou as van die beste in die wêreld, is afkomstig van die Wes-Indiese Eilande: Sir Garfield Sobers, Lance Gibbs, Gordon Greenidge, George Headley, Brian Lara, Clive Lloyd, Malcolm Marshall, Andy Roberts, Alvin Kallicharran, Rohan Kanhai, Sir Frank Worrell, Clyde Walcott, Everton Weekes, Curtly Ambrose, Michael Holding, Courtney Walsh, Joel Garner en Sir Viv Richards is almal ingelyf in die "ICC Hall of Fame".[4]
Die Wes-Indiese Eilande het die IKR se Krieketwêreldbeker tweekeer verower, in 1975 en 1979, die IKR Twintig20-wêreldbeker eenkeer, in 2012, die IKR Kampioenetrofee eenkeer, in 2004, en was naaswenners in die o/19-Wêreldbeker-toernooi in 2004. Hulle was die eerste krieketspan om die Wêreldbeker-toernooi tweekeer te wen, maar hul rekord is later oortref deur vier Wêreldbeker-oorwinnings deur Australië en geëwenaar deur Indië in 2011. Wes-Indië is ook die eerste span om agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooie te wen, dit is sedertdien oortref deur drie agtereenvolgende Wêreldbeker-oorwinnings deur Australië (1999, 2003 en 2007). Wes-Indië was die eerste span om in drie agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooie te verskyn (1975, 1979 en 1983), sedertdien oortref deur vier agtereenvolgende Wêreldbeker-toernooi verskynings deur Australië (in 1996, 1999, 2003 en 2007).
Inhoud
- 1 Lidlande en afhanklikhede
- 1.1 Moontlike toekomstige lede
- 2 Rekords
- 2.1 Wêreldbekerrekord
- 2.2 Twintig20-rekord
- 2.3 Kampioenetrofee-rekord
- 3 Verwysings
- 4 Eksterne skakels
Lidlande en afhanklikhede[wysig | wysig bron]


Die huide span behels:
- Soewereine lande
Antigua en Barbuda
Barbados
Dominica
Grenada
Guyana
Jamaika
St. Kitts en Nevis
St. Lucia
Sint Vincent en die Grenadines
Trinidad en Tobago
- Britse oorsese gebiede
Anguilla
Britse Maagde-eilande
Montserrat
- Lande van die Koninkryk van die Nederlande
Sint Maarten
- Eilandgebied van die Verenigde State van Amerika
Amerikaanse Maagde-eilande
Moontlike toekomstige lede[wysig | wysig bron]
- Besondere munisipaliteite van Nederland
Saba
Sint Eustatius
- Oorsese kollektiwiteite van Frankryk
Saint-Martin
Sint Bartolomeus
- Oorsese departemente van Frankryk
Guadeloupe
Martinique
Rekords[wysig | wysig bron]
Wêreldbekerrekord[wysig | wysig bron]
Jaar | Uitslag |
---|---|
1975 | Kampioen |
1979 | Kampioen |
1983 | Naaswenner |
1987 | Groepfase |
1992 | Groepfase |
1996 | Halfeindrondte |
1999 | Groepfase |
2003 | Groepfase |
2007 | Super 8 |
2011 | Kwarteindrondte |
2015 | Kwarteindrondte |
2019 | Groepfase |
2023 | N.v.t. |
Twintig20-rekord[wysig | wysig bron]
Jaar | Uitslag |
---|---|
2007 | Groepfase |
2009 | Halfeindrondte |
2010 | Super 8 |
2012 | Kampioen |
2014 | Halfeindrondte |
2016 | Kampioen |
2020 | Gekwalifiseer |
Kampioenetrofee-rekord[wysig | wysig bron]
Jaar | Uitslag |
---|---|
1998 | Naaswenner |
2000 | Groepfase |
2002 | Groepfase |
2004 | Kampioen |
2006 | Naaswenner |
2009 | Groepfase |
2013 | Groepfase |
2017 | Nie gekwalifiseer nie |
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ Men's Test Team Rankings. URL besoek op 16 Julie 2019.
- ↑ Men's ODI Team Rankings. URL besoek op 16 Julie 2019.
- ↑ Men's T20I Team Rankings. URL besoek op 16 Julie 2019.
- ↑ "ICC Hall of Fame". ICC. Besoek op 23 September 2009.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Wes-Indiese nasionale krieketspan.
- (en) Amptelike webwerf
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |